Individualis
De mensen sterven en zijn niet
gelukkig wapper naas die deur
van die skoenmaker op die hoek:
muurskildering van ’s amateur
in gangbare heelalverdriet.
Die hobbelrige kinderskrif
pryk maandelank: geen verfkwas waag
om vonnis van ’s nihilis
vol dampige ontnugteringsdrif
of neo-transendentale angs
met ruse hale weg te vaag.
Hoewel nog nooit opvallend kloek
wandel ek weer vandag daarlangs
en ondiepsinnig vergewis
ek my dat ‘k leef en selfs, danksy
jy-weet-wat, stomgelukkig, bly.
Inzender: Z.N., 28 mei 2004
Geplaatst in de categorie: emoties