inloggen

Gedichten

gedicht (nr. 58):

DIE MISKYKMENSE ( Taal: AFRIKAANS )

Soos meerkatte hul mae
warm staan na die son
teen ’n rots in die woestyn,
so staan of lê hul op hoeke,
so staan of lê hul op kroegstoepe,
so bedel hul op straat. Langs die spoorlyn.

Geen land ter wêreld spring hul vry,
van gelykes tot die ongelykes.
Wanneer julle deur jul spogbuurte ry
dink tog ook aan hulle, julle, stink- rykes.

Die probleem is vir ewig en altyd hier.
Wanneer julle segefeeste vier, julle
jul kisdrink aan mooiwyn en bitterbier,
nooi ook die meerkatte, vir ‘n bietjie plesier.

Schrijver: De Heer FLORIS ABRAHAM BROWN, 11 augustus 2001


Geplaatst in de categorie: wereld

3.0 met 3 stemmen aantal keer bekeken 3.348

Er zijn nog geen reacties op deze inzending.


Geef je reactie op deze inzending:

( vink aan als je niet wilt dat je e-mailadres voor anderen in beeld verschijnt)