inloggen

Gedichten

gedicht (nr. 64):

LEUEN ( Taal: AFRIKAANS )

Dit gaan nie goed met my nie.
Jy het my gedruk na ’n
eensame hoekie op ’n eiland,
waar ek helder oordag drogbeelde
sien fladder in my geestesoog.

Dit gaan nie goed met my nie,
nie na jy my by jou wêreld
ingetrek het, my getap het,
misbruik het, ek maar net nog ’n
voetstoeltjie in jou sekskepades was nie.

Ek loop nou op Paternosterstrand,
waar branders die huil uit my spoel.
’n Albatros se krasgeluid my kom
vertel; jy was net nooit, vir my bedoel.

Schrijver: De Heer FLORIS ABRAHAM BROWN, 11 augustus 2001


Geplaatst in de categorie: liefde

4.0 met 5 stemmen aantal keer bekeken 4.651

Er zijn nog geen reacties op deze inzending.


Geef je reactie op deze inzending:

( vink aan als je niet wilt dat je e-mailadres voor anderen in beeld verschijnt)