inloggen

Gedichten

gedicht (nr. 4.665):

EDELSTEEN ( Taal: AFRIKAANS )

God het jou, edelbeen van rib,
uit Adam gegee vir : die wêreld
vir Afrika
vir ons Land
Stad of dorp
vir die Huis van
Aanbidding
waar jy liefde
vir jou man
jou kinders
koester.

God het jou, edelsteen van goud,

gegee : uiterlike skoonheid
daardie eie, aan jou pragtige postuur
daardie eie, aan jou innerlike gesindheid
elkeen geskape in Sy beeld van volmaaktheid.

God het jou, edelsteen van diamant,

gemaak : ’n deugdige vrou, die sterkere vat
díe een, wie vandag Oscar’s ontvang
díe een, vir wie die wêreld hande klap
díe een, aan wie se lippe, almal hang.

God het jou, edelsteen van robyn,

gemaak : om humeure te beteuel
met ’n glimlag, sagte woord
die gesin te voorsien in hul
behoeftes en daaglikse brood.

God het jou, edelsteen van marmer,

gemaak : díe moedige een in jou huis
wat alle probleme kaf kan draf
aan meer as vyf dinge gelyk aandag
kan gee, ongeag hoe swaar jou kruis.

God het jou, edelsteen van pêrel,

vrugbaar gemaak : om volkere te vermeer
die ysterhand van die man onderdanig
te wees, maar hom tog te verlei met jou
sjarme, om sodoende, sy hart te regeer.

God het jou, edelsteen van porselein,

gemaak : díe een wat vir jou man
’n sieraad is, jou kinders staande hou
as jy hul snags aan God opdra, jy
Sy Godskleed van seënbede, oor hul vou.

“ Dít is jy, aller edelstesteen van vrou ”

SPREUKE 31: 10 - 31 “ ’n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.”

Schrijver: De Heer FLORIS ABRAHAM BROWN, 5 november 2021


Geplaatst in de categorie: wereld

3.0 met 29 stemmen aantal keer bekeken 7.036

Er zijn nog geen reacties op deze inzending.


Geef je reactie op deze inzending:

( vink aan als je niet wilt dat je e-mailadres voor anderen in beeld verschijnt)