inloggen
voeg je hartenkreet toe

Hartenkreten

hartenkreet (nr. 22.425):

Bloedgebrek vir die Uitwoners van winter.

Bring vir my,
die vaalheid van die maan,
of die sombere blink van sterre,
as jou mense
in die donker begrafnis hou,
en die wilde hond
wegraak,
onder die stowwerige pote
van sy prooi.

Kom stamp jou voete
aan my kant.
Kom maak jou hande,
amper brandwarm,
om my koue straat,
konkavuur.

Maar vertel my
van die woede van jou winter.
Van sakke kole
op ñ Twaalfrand-special, te kop,
en hoe ver
die pad na hitte is.
Van jou vriend Vusi
van oor die straat,
met wie julle een oggend,
middel laasjaar,
heeltemal bevrore
en heeltemal verniet,
na ñ ambulans toe
gehardloop het.
Vergas my,
op koue stories
oor die maan,
heelnag bo jou kop,
deur ñ skreef in sink,
en die laaste vyftigjaar,
se straatgeluide,
wat nooit verander het nie.

Kom sit hier by my,
in die dansende vlammelig.
Jou kop op my skouer,
en jou fluister
saggies in my oor,
van viruskinders,
jonk soos die oggend,
maar Godvroeg
in die grond,
en did Amerikaanse medisynes,
so duur,
dit kon niemand red nie.
Dan huil en vloek ons
gedemp saam
oor die ironie,
in Mark Shuttleworth, se fokken dollardanse
langs die maan.

Laat jou naam
jou eie wees.
Laat jou taxi
voor donker kom.
Ek vra niemand
vir genade nie,
maar alleen vir geluk.

Amen.


Zie ook: http://www.youtube.co.za

Schrijver: Kabous Verwoed, 21 januari 2008


Geplaatst in de categorie: milieu

4.0 met 4 stemmen aantal keer bekeken 516

Er is 1 reactie op deze inzending:

Naam:
Kabous Verwoed
Datum:
18 augustus 2008
Email:
Kuberskyfhotmail.com
www.kabousverwoed.co.za

Geef je reactie op deze inzending:

( vink aan als je niet wilt dat je e-mailadres voor anderen in beeld verschijnt)