inloggen
voeg je hartenkreet toe

Hartenkreten

hartenkreet (nr. 23.042):

Ek is...

Wanneer die berge rooivuiste van die son lig
en die aand die dag se chewy chocolate centre word;

Vergewe my die highways en hulle,
die spooky riot ligte.
Vergewe my die townships en hulle,
verby die skiettende karre.
Vergewe my die insittendes en hulle,
die vormlose bliksems.

Vergewe my,
want jy ken my.
Jy ken my goed.

Ek is in die val van die voël.
Die gloed van die droom.
Die ouman se roggelende einde,
en die kleinding se pynlike begin.

Ek is Bayete.
Ek is Ons vir jou.

Ek is Liefde.
Ek is Vigs.
Ek is die mensdom se steunpilare.
Daai eeue-oue identiese tweeling;
Vrees en Hoop.

Ek is genadig.
Ek is stadig.
Ek is wreed.

Ek is die resep EN die bestandele.
Ek is die Groot Groot Gees.

Ek is World Cup oorwinnings en plaasaanvalle,
op bigscreens by News Café.
Ek is die karwag se glimlag,
die Tweerand se blink.

Ek is Afrika.
Ek is...

Schrijver: Kabous Verwoed, 7 maart 2008


Geplaatst in de categorie: wereld

Er is nog niet op deze inzending gestemd.aantal keer bekeken 304

Er zijn nog geen reacties op deze inzending.


Geef je reactie op deze inzending:

( vink aan als je niet wilt dat je e-mailadres voor anderen in beeld verschijnt)