HUNKERING ( Taal: AFRIKAANS )
netgedicht
lê daar nog iewers
op die vlakte eensaam,
soos ‘n molshoop in die reën
humusverrykte korrelnat donkergrond
van jare gelede se seën ?
is daar iewers nog
‘n groen
gevoed deur wateraar,
pompfontein
waar kwepergeel en persturksvy
skadu’s gooi teen ‘n rooi skemerduin ?…