Wat lewe heet, is net die op en neer
as ons klein skuitjie al maar daal en klim;
en wat ons sterwe noem, is niks nie meer
as ons verdwyning op die gindse kim.
Daar is geen dood.…
So ook die mat
waaroor my naakte sole
gierts-gierts gaan
vandag is hier niemand op die Sondagmôre
en ek voel hoe
die kriekies, barste in die mure,
die kraak in die meubels
met my gaan
my lewe is so onstuimig woes
my liggaam voel oud gedaan
soos ‘n sinkplaat wat
teen die herderson lê en roes
hierdie kalm stilte
wat nou hier heers…
Jy het my gegooi soos ‘n inkspatsel
teen die muur,
oor my geloop, my lewe versuur.
Jy het my geslaan soos ‘n hamer
spykers in ‘n muur,
my liefde met growwe skoen
deurgeskuur
Oor jou het ek nagte omgehuil,
grimering waaragter geswolle oë skuil,
kon niemand daarbuite flous of kul.
Ek is oor jou, jou liefde ‘n ronde nul.…
van die ossewa
Onder ons verrys die vlaktes
van het eeu oue Suid-Afrika
Ons roep halt en stap uit
en vergaap ons vanop die klipmuur
aan die mooi kaleidoskoop kleure
soos 'n koning oor sy landgoed tuur
Met Lottebie waarvan ek hou
drink ek lekker soet vonkelwyn
ons voel baie geseënd
dat ons saâm gelukkig syn
Sy gee egte sin aan my lewe…
aan te klou
om te weet
jý is myne
jou woede buie
jou ongenaakbare
manier van op my skree
jou ongeduld venyn
die gedurige persrokkie
waarmee jy my klee
so het dokters my vertel
het gister my lig kom doof
jou duisternis het soos
die takke van ’n wilgerboom
oor my kom hang
my omvou toegevou
en ek wou loop
weg van die donker in jou lewe…
Ik kan jou nie haat en mag liefde nie gewe,
so staat 't vermeld in die boek van ons lewe,
O, smart, wat verdelend mij hart so deursnij!
Ik mag jou nie hou nie en kan ook nie skije
so wil 't die sterre se wet van die tije,
O, sê mij hoe sal ik die strijd ooit volstrij.…