inloggen
voeg je poëzie toe

Poëzie van Eugène Marais

1872 - 1936

Laatst toegevoegde poëzie (nr. 0):

Die dans van die reën

O die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
Eh haar oge is skaam;
En sy lag saggies.
En van ver af wink sy met die een hand;
Haar armbande blink en haar krale skitter;
Saggies roep sy.
Sy vertel die winde van die dans
En sy nooi hulle uit want, die werf is wyd en die bruilof groot.

Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.

Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies:
“Ons suster! Ons suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”

En haar krale skud,
en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Op haar voorkop is die vuurpluim van ‘n berggier;
sy trap van die hoogte;
sy sprei haar vaal karos met altwee arms uit;
Die asem van die wind raak weg.
O, die dans van ons Suster!


Zie ook: https://allpoetry.com/The-Dance-of-the-Rain

Schrijver: Eugène Marais
Inzender: Redactie, 20 oktober 2016


Geplaatst in de categorie: natuur

4.0 met 1 stemmen aantal keer bekeken 532

Er zijn nog geen reacties op deze inzending.


Geef je reactie op deze inzending:

( vink aan als je niet wilt dat je e-mailadres voor anderen in beeld verschijnt)