STIL GEMOED ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
So ook die mat
waaroor my naakte sole
gierts-gierts gaan
vandag is hier niemand op die Sondagmôre
en ek voel hoe
die kriekies, barste in die mure,
die kraak in die meubels
met my gaan
my lewe is so onstuimig woes
my liggaam voel oud gedaan
soos ‘n sinkplaat wat
teen die herderson lê en roes
hierdie kalm stilte
wat nou hier heers…