Dis al
Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en 'n voël draai
bowe
in eensame vlug -
dis al
Dis 'n balling,
gekom
oor die oseaan,
dis n graf in die
gras,
dis n vallende
traan -
dis al
Inzender: Redactie, 3 mei 2015
Geplaatst in de categorie: eenzaamheid