DORRE LAND ( Taal: AFRIKAANS )
hoe beskryf jy reën,
as tien seisoene droë sand in jou kiewe waai
het God vergeet van wesens wat kinders voed
hoe beskryf jy groen,
as dorre landskap jare lank geen vrugte baar
het God vergeet van mense wat gebede
na die hemel stuur
die stam loop leeg
so ook die wye natuur
ek kan die onrus voel, as my mense
sing en koor van vlaktes sonder water
hul naels grou breek vir ‘n druppel in die knol
die aarde is leeg tot in die bol
vannag as die uilveer op die duine val
moet ek besluit
of ek gaan klou aan die krotbuurt wat nie wil bloei
of hierdie grafdorp verlaat
wat nou vir jare lank,
hel uit ons skroei
Geplaatst in de categorie: natuur