Persrokkie
in my donker eensaamheid
wil ek ook liefhê
aan jou vat
die kurwes van jou gesig
deurvoel tot ek mý
prentjie het van hoe ek
dínk jy lyk
jou stem jou warm
teenwoordigheid
jou reuk jou voetstap
jou lag, is al wat ek het
om aan te klou
om te weet
jý is myne
jou woede buie
jou ongenaakbare
manier van op my skree
jou ongeduld venyn
die gedurige persrokkie
waarmee jy my klee
so het dokters my vertel
het gister my lig kom doof
jou duisternis het soos
die takke van ’n wilgerboom
oor my kom hang
my omvou toegevou
en ek wou loop
weg van die donker in jou lewe
toe kom jou skouer…
ek sal my mos disnis loop
teen ’n motor
óf van ’n berghang val
ek wat weet wat donker is
sal liefs langer wil klou
aan dít wat myne is
joú lig, in my duisternis…
Geplaatst in de categorie: geweld