KATSPIN (Taal: AFRIKAANS )
gedicht
Vergeet van die tye,
toe jou asemstote gekatspin het,
toe daar liefde was
ware liefde in snikke,krete.
Jy’s stil, so uitermate stil.
Ek voel nie meer jou asem teen my ore,
die uitgerekte vreugde sug,
‘n sug van volmaakte bevrediging,
is weg. Jy’s weg. Ek’s weg.
Alles is sommer net, weg, weg, weg ...…