Ek sprei my arms
die lengte van ’n rivier.
My bene, die wydte
soos dié van ’n oseaan.
Ek skreeu vir die wêreld : “ Ek lief jou, ”
oor ’n bulderende, vuurspuwende, vulkaan.…
Sing vir my van die son.
Van die lied wat deur my gaan.
Van groot kraters op die maan.
Die steppe roofvis, as jy kon.
Sing vir my van plantvlotte
waar paddas rustig slaap.
Lui - lui kriekies hul vergaap
aan fee - musiek op potte.
Sing vir my van die koningsarend
se tydlose geroep oor die Vaal.
Gesoek ; 'n bergmeerkat vir 'n maal
met…
met die winter is sy huis toe
die somer brand hartseerdae in my
‘n herfsblaar val af-en-toe in my binneste
die lente lê bitter ver, ek sien dit nie meer
ek wens U kon haar gee
langer, vir ‘n dag of twee_
as die werf om my stil word
wil ek in haar winter lê
weg van die somer, lente of herfs
net stilraak, verdwyn, stof tot stof…