inloggen
voeg je poëzie toe

Poëzie van C.L. Leipoldt

1880 - 1947

Laatst toegevoegde poëzie (nr. 0):

Japie

Vanmôre was Japie nog hier:
Vanaand is hy dood!
Met 'n lag om sy mond het hy bruilof gevier
Met 'n klein brokkie Engelse lood.

Vanmôre was Japie by my:
Vanaand is hy ... waar?
As 'n mens maar kan weet waar hy eind'lik sal bly,
Wie sien dan in die toekoms gevaar?

Vanmôre was Japie my maat:
Vanaand is hy ... wat?
Sal hy nog met my lag, sal hy nog met my praat,
Of my hand ooit in syne weer vat?

Vanmôre was Japie 'n kind:
Vanaand's hy volleerd!
Ons het baie gestry om die waarheid, ou vrind:
Weet jy nou wie van ons had verkeerd?

Vanmôre was Japie - nee God,
Hy is nog vir my!
Want die dood kan nie skei nie, al is dit ons lot
Om alleen op die wêreld te bly.


-------------------
ou - beste
vir - bij

Versamelde gedigte

Schrijver: C.L. Leipoldt
Inzender: Redactie, 3 maart 2018


Geplaatst in de categorie: overlijden

4.0 met 2 stemmen aantal keer bekeken 482

Er zijn nog geen reacties op deze inzending.


Geef je reactie op deze inzending:

( vink aan als je niet wilt dat je e-mailadres voor anderen in beeld verschijnt)