Versinsels is eerstens 'n soort van bedryf
om dingen wat onderling klop op te skryf,
die gees te verhef bo die lydsame lyf:
verzinsels wil graag hul uiterste doen
om liggaam en siel met mekaar te versoen,
nie soseer om die werklikheid te onthul
as om sy tekortkoming aan te vul.
Wat van voortgezette verzinsels nou?
Hoe lank kan jy hulle…
Dit is verby,
dit het gebeur,
dit maak nie bly,
dit maak nie seer,
dit is verby
Nou weet jy weer
niks wat die hart
nog roer of raak
is reeds volmaak.
Van vreugde en smart
terdeë moeg
(dis reeds te laat,
dis nog te vroeg
om meer te weet
as dat die rus
die sin en slot
van alles is)
bevestig jy:
dit is verby,
dit maak nie seer,…
Die duisendjarige ryk
so troosryk en fiktief
dui onweerlegbaar aan
Iemand het ons lief...
Ons aardbewoners aap
genade en almag na
wat geen beskeidenheid
of feitendwang verdra:
die twee-en-sestigjarige
Mafia-voorman weet
hy mag nou honderd jaar
lang tronkspagghetti eet.
En jy en ek? Ons laat
ons oë en hande raak
asof die melkwegstoet…
Jou laatste stappen, aarzelend dog te zeerste
gewaag, herhaal die ritme van die eerste:
hoewel nie juis volkome onbesuisd
geskied jou voortgang meestal uit die vuis,
dit toon onafgerond, iets wat geen ag
slaan op sisteem of pas by elke dag.
In jou bewoë wankeling word dit weer
'n zaak van noodzaak om te balanseer.
------------------…
De mensen sterven en zijn niet
gelukkig wapper naas die deur
van die skoenmaker op die hoek:
muurskildering van ’s amateur
in gangbare heelalverdriet.
Die hobbelrige kinderskrif
pryk maandelank: geen verfkwas waag
om vonnis van ’s nihilis
vol dampige ontnugteringsdrif
of neo-transendentale angs
met ruse hale weg te vaag.
Hoewel nog nooit…
Voetjie vir voetjie word mens immigrant...
Toevallig uit, toevallig tuis, gestrand
op hierdie teennatuurlike terras
sonder om ooit onloenbaar aan te land.
--------------------------------------------
Uit: Versamelde gedigte, 1990.…