inloggen

Alle inzendingen over Brown

48 resultaten.

Sorteren op:

SPOELBLOED ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
2.0 met 15 stemmen aantal keer bekeken 5.581
Spoelgoud. Spoelgrond. Spoelbloed, vloei deur taxi’s, Richmond, bus, trein, boot, vliegongelukke. Spoelbloed hardloop deur die knopkierie, assegaai, rewolwer, slagtersmesse, ysterstukke. Spoelbloed hardloop die heelal deur, waar liggame in massagrafte stink, toegegooi word met spoelgrond wat, skuil agter die leuen van spoelgoud blink.…

VERKRAG ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
2.0 met 8 stemmen aantal keer bekeken 3.526
Die dag het moeg oor my kom sak, soos die see ontslae raak van haar siekte, wat sy uitspuug op die strand. Ek wil nie meer verder leef, ná al die vuil wat aan my kleef.…

DEKADENT ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
3.0 met 10 stemmen aantal keer bekeken 3.801
Dekadensie vanuit Sodom en Gomorra is hier, in siel, aan lyf, oral rondom jou regoor die wêreld is rooiligareas besig om geld, uit beursies van Sodom te tap vir geldmakers is daar bittermin slaap waar beeldskone poppe in glaskaste eksplisiete kuisheid in hul liggaamspassie verleidelike oë, heup en beenswaaie sit versoeking vir wêreldreisigers…

DIE VALSE TRAAN ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
4.0 met 17 stemmen aantal keer bekeken 3.807
Trane vloei so maklik wanneer ons hartseer is of bieg. Ja, trane ook van blydskap, maar trane kan soms lekker lieg!…

GERAAMTES ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
4.0 met 5 stemmen aantal keer bekeken 4.590
Ek dink ek ken jou, in jou aankoms in die verte. Ek dink ek ken jou, in jou wulpse heupwegstap. Ek dink ek ken jou, aan die jasmynreuk om jou. Ek dink ek ken jou, aan jou speelse skaterlag. Ek dink ek ken jou, aan die klank van jou stap. Ek dink ek ken jou, aan jou klere, altyd vars. Ek dink ek ken jou, aan jou manier van vat…

LEUEN ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
4.0 met 5 stemmen aantal keer bekeken 4.653
Dit gaan nie goed met my nie. Jy het my gedruk na ’n eensame hoekie op ’n eiland, waar ek helder oordag drogbeelde sien fladder in my geestesoog. Dit gaan nie goed met my nie, nie na jy my by jou wêreld ingetrek het, my getap het, misbruik het, ek maar net nog ’n voetstoeltjie in jou sekskepades was nie. Ek loop nou op Paternosterstrand…

JêMPOT ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
5.0 met 3 stemmen aantal keer bekeken 4.597
Dankie, dat jy gekom het, deur reën, wind, sonder skoen. Dankie dat jy sonder moeite, so baie vir my doen. Dankie dat jy nou hier is, my ruimte egter nie binnedring. Dankie dat jy so verstandig is, gister tot nou, het ek jou só gemis. Skielik, handomkeer jy. In ‘n stilgraf word ek weggelê. Skielik is dit nie meer lekker, om my rondom…

KATSPIN (Taal: AFRIKAANS )

gedicht
4.0 met 4 stemmen aantal keer bekeken 4.737
Miskien het jy vergeet, van die tye toe daar liefde was. Vergeet van die tye, toe jou asemstote gekatspin het, toe daar liefde was ware liefde in snikke,krete. Jy’s stil, so uitermate stil. Ek voel nie meer jou asem teen my ore, die uitgerekte vreugde sug, ‘n sug van volmaakte bevrediging, is weg. Jy’s weg. Ek’s weg. Alles is sommer…

VERVREEMD ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
4.0 met 9 stemmen aantal keer bekeken 5.588
Jy het my gegooi soos ‘n inkspatsel teen die muur, oor my geloop, my lewe versuur. Jy het my geslaan soos ‘n hamer spykers in ‘n muur, my liefde met growwe skoen deurgeskuur Oor jou het ek nagte omgehuil, grimering waaragter geswolle oë skuil, kon niemand daarbuite flous of kul. Ek is oor jou, jou liefde ‘n ronde nul. Nou vra jy…

VERPLETTER ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
3.0 met 7 stemmen aantal keer bekeken 5.704
Soos 'n sigaretstompie in as doodgedruk, het ook jy, liefde uit my lewe geruk. Die middag _ toe ek jul vang knipmes lê. Jy in sy omhelsing verstik.…

DIE DOOIE HUIS ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
3.0 met 7 stemmen aantal keer bekeken 5.421
Ons is doodmoeg vir mekaar. Twintig jaar bymekaar, eintlik, weg van mekaar. Ons beweeg maar so in die huis, so om en om, verby mekaar. ‘n Valse glimlag, ‘n valse soen, ‘n valse drukkie, ‘n valse doen. Die meubels sê : “ Eina ! dis seer ! ” Die kinders vind dit swaar, om die gespanne atmosfeer te absorbeer. Ons eet maar aan klein…

MUSIEK ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
3.0 met 7 stemmen aantal keer bekeken 3.960
Musiek is vir my die rein en skoon in die seskant heuningsel. Die rein en skoon in die kleur van ons vel. Musiek is vir my die kristalhelder in die doudruppel wat daar hang. Musiek is vir my die kristalhelder in die Engele, hemelhoog, se sang.…

ONZE JAN ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
2.0 met 6 stemmen aantal keer bekeken 4.230
Sy dood het met die rooi in sy sakdoek gekom. Eers spikkeltjies bloed tot groter kolle sy familie en dokters roep. Ek, wasbediende, was lank van sy tuberkulose bewus, maar omdat hul mense was vanuit die hoogere hoed, moes ek my hulp in stilte blus. Díe siekte neem meer lewens as vigs. Vroeë behandeling kán dit uitwis... as ons almal…

VANDAG... ( Taal: AFRIKAANS)

netgedicht
2.0 met 8 stemmen aantal keer bekeken 2.099
wil ek net, my doodgewoon, ek wees weg van skewebeelde van hoe mense met dieper geheime, na my kyk wil ek in myself wandel sonder vrees weg van die gejaag na roem, rykdom skulpies optel, na wulpse branders gryp wil ek in myself, van myself lees weg van mense wat veg oor grond liefde, mekaar om elk eerste plek, fnuik wil ek wees op plekke…

SKELMPIE ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
3.0 met 10 stemmen aantal keer bekeken 4.100
hoe roer jy my huis hoe bring jy onvrede as jy vir haar ruikers stuur wetende, ek is nie tuis hoe steur jy my huis hoe bring jy konflik as jy vir haar kom kuier die kat is weg, jy die muis my kinders hou daar niks nie van rep g'n woord oor nagmerries bang want jy is die mooi een, die skelmpie my vriende fluister, lag so skuins verby…

KLEINE HARTEDIEF ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
3.0 met 32 stemmen aantal keer bekeken 5.145
Jy het soos 'n dief gekom versigtig, eers loer, skelm-skelm suutjies het jy jou voetjies oor my drumpel gestoot en jou handjies, sagte handjies vlekkies op my deur en muur gelaat jou ogies het jy in my spieël gelos en jou ore agter elk kas se deur die rondings van jou lippe lê op sloop, soos perskes wat droog en in my loop op die mat in…

STIL GEMOED ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
2.0 met 6 stemmen aantal keer bekeken 2.420
die huis lê vanmôre so kalm, stil. So ook die mat waaroor my naakte sole gierts-gierts gaan vandag is hier niemand op die Sondagmôre en ek voel hoe die kriekies, barste in die mure, die kraak in die meubels met my gaan my lewe is so onstuimig woes my liggaam voel oud gedaan soos ‘n sinkplaat wat teen die herderson lê en roes hierdie…

EDELSTEEN ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
3.0 met 29 stemmen aantal keer bekeken 7.047
God het jou, edelbeen van rib, uit Adam gegee vir : die wêreld vir Afrika vir ons Land Stad of dorp vir die Huis van Aanbidding waar jy liefde vir jou man jou kinders koester. God het jou, edelsteen van goud, gegee : uiterlike skoonheid daardie eie, aan jou pragtige postuur daardie eie, aan…
Meer laden...