inloggen

Gedichten

gedicht (nr. 61):

DEKADENT ( Taal: AFRIKAANS )

Dekadensie vanuit Sodom en Gomorra
is hier, in siel, aan lyf, oral rondom jou
regoor die wêreld is rooiligareas besig
om geld, uit beursies van Sodom te tap
vir geldmakers is daar bittermin slaap
waar beeldskone poppe in glaskaste
eksplisiete kuisheid in hul liggaamspassie
verleidelike oë, heup en beenswaaie sit
versoeking vir wêreldreisigers is groot
tot selfs predikante val in hierdie sloot
ja, hoogheiliges, wat sê julle nou, Satan
het jou siel oorwin, wat soek julle daar
nuuskierig ? Waarom het jy dan omgekyk
nou het GOD, ook jou verander, in ‘n soutpilaar.

Schrijver: De Heer FLORIS ABRAHAM BROWN, 11 augustus 2001


Geplaatst in de categorie: wereld

3.0 met 10 stemmen aantal keer bekeken 3.801

Er zijn nog geen reacties op deze inzending.


Geef je reactie op deze inzending:

( vink aan als je niet wilt dat je e-mailadres voor anderen in beeld verschijnt)