inloggen

Gedichten

gedicht (nr. 67):

VERVREEMD ( Taal: AFRIKAANS )

Jy het my gegooi soos ‘n inkspatsel
teen die muur,
oor my geloop, my lewe versuur.

Jy het my geslaan soos ‘n hamer
spykers in ‘n muur,
my liefde met growwe skoen
deurgeskuur

Oor jou het ek nagte omgehuil,
grimering waaragter geswolle oë skuil,
kon niemand daarbuite flous of kul.

Ek is oor jou, jou liefde ‘n ronde nul.
Nou vra jy my om jou terug te neem.

Ek glo nie ek kan ; ons wêrelde lê
soos ‘n verslete ossewa, in stof verbrand ...

Schrijver: De Heer FLORIS ABRAHAM BROWN, 11 augustus 2001


Geplaatst in de categorie: liefde

4.0 met 9 stemmen aantal keer bekeken 5.586

Er zijn nog geen reacties op deze inzending.


Geef je reactie op deze inzending:

( vink aan als je niet wilt dat je e-mailadres voor anderen in beeld verschijnt)