33 resultaten.
EDELSTEEN ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.1 met 29 stemmen
7.324 God het jou, edelbeen van rib,
uit Adam gegee vir : die wêreld
vir Afrika
vir ons Land
Stad of dorp
vir die Huis van
Aanbidding
waar jy liefde
vir jou man
jou kinders
koester.
God het jou, edelsteen van goud,
gegee : uiterlike skoonheid
daardie eie, aan jou pragtige postuur
daardie eie, aan…
STIL GEMOED ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
2.2 met 6 stemmen
2.600 die huis lê vanmôre so kalm,
stil. So ook die mat
waaroor my naakte sole
gierts-gierts gaan
vandag is hier niemand op die Sondagmôre
en ek voel hoe
die kriekies, barste in die mure,
die kraak in die meubels
met my gaan
my lewe is so onstuimig woes
my liggaam voel oud gedaan
soos ‘n sinkplaat wat
teen die herderson lê en roes
hierdie…
KLEINE HARTEDIEF ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.8 met 32 stemmen
5.340 Jy het soos 'n dief gekom
versigtig, eers loer, skelm-skelm
suutjies het jy jou voetjies
oor my drumpel gestoot
en jou handjies, sagte handjies
vlekkies op my deur en muur gelaat
jou ogies het jy in my spieël gelos
en jou ore agter elk kas se deur
die rondings van jou lippe lê
op sloop, soos perskes wat droog
en in my loop op die mat in…
SKELMPIE ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.0 met 10 stemmen
4.293 hoe roer jy my huis
hoe bring jy onvrede
as jy vir haar ruikers stuur
wetende, ek is nie tuis
hoe steur jy my huis
hoe bring jy konflik
as jy vir haar kom kuier
die kat is weg, jy die muis
my kinders hou daar niks nie van
rep g'n woord oor nagmerries bang
want jy is die mooi een, die skelmpie
my vriende fluister, lag so skuins verby…
ONZE JAN ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
2.5 met 6 stemmen
4.441 Sy dood het met die rooi
in sy sakdoek gekom.
Eers spikkeltjies bloed
tot groter kolle sy
familie en dokters roep.
Ek, wasbediende, was lank
van sy tuberkulose bewus,
maar omdat hul mense was
vanuit die hoogere hoed,
moes ek my hulp in stilte blus.
Díe siekte neem meer lewens as vigs.
Vroeë behandeling kán dit uitwis...
as ons almal…
MUSIEK ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.6 met 7 stemmen
4.150 Musiek is vir my
die rein en skoon in die
seskant heuningsel.
Die rein en skoon in die
kleur van ons vel.
Musiek is vir my
die kristalhelder in die
doudruppel wat daar hang.
Musiek is vir my
die kristalhelder in die
Engele, hemelhoog, se sang.…
VERPLETTER ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.1 met 7 stemmen
5.896 Soos 'n sigaretstompie
in as doodgedruk,
het ook jy, liefde
uit my lewe geruk.
Die middag _
toe ek jul vang
knipmes lê.
Jy in sy omhelsing
verstik.…
DIE DOOIE HUIS ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.6 met 7 stemmen
5.614 Ons is doodmoeg vir mekaar.
Twintig jaar bymekaar,
eintlik, weg van mekaar.
Ons beweeg maar so in die huis,
so om en om, verby mekaar.
‘n Valse glimlag,
‘n valse soen,
‘n valse drukkie,
‘n valse doen.
Die meubels sê : “ Eina ! dis seer ! ”
Die kinders vind dit swaar, om die
gespanne atmosfeer te absorbeer.
Ons eet maar aan klein…
VERVREEMD ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.2 met 9 stemmen
5.784 Jy het my gegooi soos ‘n inkspatsel
teen die muur,
oor my geloop, my lewe versuur.
Jy het my geslaan soos ‘n hamer
spykers in ‘n muur,
my liefde met growwe skoen
deurgeskuur
Oor jou het ek nagte omgehuil,
grimering waaragter geswolle oë skuil,
kon niemand daarbuite flous of kul.
Ek is oor jou, jou liefde ‘n ronde nul.
Nou vra jy…
KATSPIN (Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.0 met 4 stemmen
4.934 Miskien het jy vergeet,
van die tye toe daar liefde was.
Vergeet van die tye,
toe jou asemstote gekatspin het,
toe daar liefde was
ware liefde in snikke,krete.
Jy’s stil, so uitermate stil.
Ek voel nie meer jou asem teen my ore,
die uitgerekte vreugde sug,
‘n sug van volmaakte bevrediging,
is weg. Jy’s weg. Ek’s weg.
Alles is sommer…
JêMPOT ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
5.0 met 3 stemmen
4.786 Dankie, dat jy gekom het,
deur reën, wind, sonder skoen.
Dankie dat jy sonder moeite,
so baie vir my doen.
Dankie dat jy nou hier is,
my ruimte egter nie binnedring.
Dankie dat jy so verstandig is,
gister tot nou, het ek jou só gemis.
Skielik, handomkeer jy.
In ‘n stilgraf word ek weggelê.
Skielik is dit nie meer lekker,
om my rondom…
LEUEN ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.8 met 5 stemmen
4.832 Dit gaan nie goed met my nie.
Jy het my gedruk na ’n
eensame hoekie op ’n eiland,
waar ek helder oordag drogbeelde
sien fladder in my geestesoog.
Dit gaan nie goed met my nie,
nie na jy my by jou wêreld
ingetrek het, my getap het,
misbruik het, ek maar net nog ’n
voetstoeltjie in jou sekskepades was nie.
Ek loop nou op Paternosterstrand…
GERAAMTES ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.8 met 5 stemmen
4.794 Ek dink ek ken jou,
in jou aankoms in die verte.
Ek dink ek ken jou,
in jou wulpse heupwegstap.
Ek dink ek ken jou,
aan die jasmynreuk om jou.
Ek dink ek ken jou,
aan jou speelse skaterlag.
Ek dink ek ken jou,
aan die klank van jou stap.
Ek dink ek ken jou,
aan jou klere, altyd vars.
Ek dink ek ken jou,
aan jou manier van vat…
DIE VALSE TRAAN ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.1 met 17 stemmen
3.982 Trane vloei so maklik
wanneer ons hartseer is of bieg.
Ja, trane ook van blydskap,
maar trane kan soms lekker lieg!…
DEKADENT ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.9 met 10 stemmen
3.990 Dekadensie vanuit Sodom en Gomorra
is hier, in siel, aan lyf, oral rondom jou
regoor die wêreld is rooiligareas besig
om geld, uit beursies van Sodom te tap
vir geldmakers is daar bittermin slaap
waar beeldskone poppe in glaskaste
eksplisiete kuisheid in hul liggaamspassie
verleidelike oë, heup en beenswaaie sit
versoeking vir wêreldreisigers…
VERKRAG ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
2.6 met 8 stemmen
3.683 Die dag het moeg
oor my kom sak,
soos die see ontslae
raak van haar siekte,
wat sy uitspuug op die strand.
Ek wil nie meer verder leef,
ná al die vuil wat aan my kleef.…
SPOELBLOED ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
2.9 met 15 stemmen
5.806 Spoelgoud. Spoelgrond. Spoelbloed,
vloei deur taxi’s, Richmond, bus,
trein, boot, vliegongelukke.
Spoelbloed hardloop deur die
knopkierie, assegaai, rewolwer,
slagtersmesse, ysterstukke.
Spoelbloed hardloop die heelal deur,
waar liggame in massagrafte stink,
toegegooi word met spoelgrond wat,
skuil agter die leuen van spoelgoud blink.…
DIE MISKYKMENSE ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.3 met 3 stemmen
3.516 Soos meerkatte hul mae
warm staan na die son
teen ’n rots in die woestyn,
so staan of lê hul op hoeke,
so staan of lê hul op kroegstoepe,
so bedel hul op straat. Langs die spoorlyn.
Geen land ter wêreld spring hul vry,
van gelykes tot die ongelykes.
Wanneer julle deur jul spogbuurte ry
dink tog ook aan hulle, julle, stink- rykes.
Die probleem…
DIE LIEFDE TUSSENIN ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.8 met 4 stemmen
3.977 Vandag huil my hart
oor hulle wat bedel op straat.
Almal wat in die winterkoue
hitte soek op poskantoorstoep,
waar hul ingemessel lê teen ’n
vuilvod, voosgedrinkte maat.…
VANDAG... ( Taal: AFRIKAANS)
netgedicht
2.1 met 8 stemmen
2.262 wil ek net, my doodgewoon, ek wees
weg van skewebeelde van hoe mense
met dieper geheime, na my kyk
wil ek in myself wandel sonder vrees
weg van die gejaag na roem, rykdom
skulpies optel, na wulpse branders gryp
wil ek in myself, van myself lees
weg van mense wat veg oor grond
liefde, mekaar om elk eerste plek, fnuik
wil ek wees op plekke…
HEROïEN ( Taal: AFRIKAANS )
netgedicht
5.0 met 4 stemmen
3.305 Jy maak toe weer so.
Nog ’n kindergraf in Alberton.
Ek sien hoe kinders jou snuif
van Kaapstad tot Meyerton.
Ek sien hoe jy, doodsengel,
bloed aan kosyne vryf,
geen stand ontsien, kinders
selfmoord, aan ’n tou verstrengel.
Jy, magtige dwelm, onder
dwelms, maak dit so
bitter moeilik om uit te wys,
te snuffel, al die skelms…
HUNKERING ( Taal: AFRIKAANS )
netgedicht
2.4 met 16 stemmen
8.737 lê daar nog iewers
op die vlakte eensaam,
soos ‘n molshoop in die reën
humusverrykte korrelnat donkergrond
van jare gelede se seën ?
is daar iewers nog
‘n groen
gevoed deur wateraar,
pompfontein
waar kwepergeel en persturksvy
skadu’s gooi teen ‘n rooi skemerduin ?
staan daar nog iewers rye sipresse
wat soos windpompe nuwe lug verslind…
TRONK ( Taal: AFRIKAANS )
netgedicht
4.2 met 24 stemmen
10.010 Toe kom die tronk by almal aan huis.
Yster word gebuig, gesweis vanuit die
voorhuis, tot in die kombuis.
Diefstal, geweld, misdaad,
jaag almal agter tralies,
wat steeds nie kan keer
dat ’n kind verkrag word
agter slot en grendel
’n hoë heining of koringgerfbalies.…
PLAASARMOEDE ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.4 met 8 stemmen
2.047 Pa sal nie vir jou kan gee,
'n groot saal
baie mense, gaste
lang tafels met stoele
vele, glinster dekorasies.
Pa sal nie 'n "speech" kan maak
op sjampanje glase
nog minder sal Pa kan bekostig
die monster met die oog
die band wat rol
die kliek-kliek van kameras.
Sien, Pa het nie die gelerentheid
of die geld om 'n grootse
affêre…
DORRE LAND ( Taal: AFRIKAANS )
netgedicht
4.0 met 16 stemmen
3.175 hoe beskryf jy reën,
as tien seisoene droë sand in jou kiewe waai
het God vergeet van wesens wat kinders voed
hoe beskryf jy groen,
as dorre landskap jare lank geen vrugte baar
het God vergeet van mense wat gebede
na die hemel stuur
die stam loop leeg
so ook die wye natuur
ek kan die onrus voel, as my mense
sing en koor van vlaktes sonder…
MAMMON ( Taal: AFRIKAANS )
netgedicht
4.4 met 12 stemmen
9.445 die lekker geklingel
van geld uit die slotmasjien,
laat my vingerlekker
brood eet met margarien.
Dit was gister. Vandag
het ek weer gaan dobbel,
voer nou varkkos op boer
se plaas, met ‘n skoffel.…
DOKTERS SONDER GRENSE ( Taal: AFRIKAANS )
netgedicht
2.7 met 6 stemmen
3.987 So werk hul nagte deur
die dokters van weleer.
Probeer red elk bebloede diamant
deur loopgrawe, deur brand
in enige oorloggeteisterde vaderland.…
STUITIG ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
5.0 met 4 stemmen
4.605 Met die wegraak van die son.
Die maan se instap oor die dag,
wat die aand meer sienend maak,
plons ons in ‘n bad vol liefde, poedelnaak.…
KLANK VAN DIE BYL ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.6 met 5 stemmen
4.860 Die byl het gekom om te kloof.
Dit wat ek in twee wil hê
met geweld oop te maak.
Die passie van krag wat
deur beide arms vloei,
die glans van sweet
op my kaal bo-lyf,
die klank van die byl
roep jou,
lok jou.
Ek sien hoe jou oë dwaal,
jy, skelm loer,
skelm glimlag,
in die glans van die ruit.
Ek sien hoe ek, nou, jou baas,
die…
OP HEIMWEE VAN DIE WIND ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.7 met 11 stemmen
8.601 Jy, langvlegsel meisie, met kitaar op skoot,
vir wie die boodskap vanuit jou hart,
terwyl lang vingers snare saggies stoot ?
Jou speelse posisie van kitaar in skoot,
na wie verlang jy, as jou note klink soos
‘n leë blik in kabbelende water, in ‘n sloot ?
Jou lenige nek, wieg teen kitaar se steel.
Ek sien jou trane deur lang hare ween,
waar…