inloggen

Gedichten

gedicht (nr. 57):

PLAASARMOEDE ( Taal: AFRIKAANS )

Pa sal nie vir jou kan gee,
'n groot saal
baie mense, gaste
lang tafels met stoele
vele, glinster dekorasies.

Pa sal nie 'n "speech" kan maak
op sjampanje glase
nog minder sal Pa kan bekostig
die monster met die oog
die band wat rol
die kliek-kliek van kameras.

Sien, Pa het nie die gelerentheid
of die geld om 'n grootse
affêre vir jou te kan gee nie.

Daar sal nie bediendes wees
eregaste of sprekers nie,
wat nog te sê van baniere
teen die mure,

geen orkes, musiek of 'n dominee
vir die hooftoespraak
my kind.

Dit stem Pa
droewig hier op die plaas
as ek dink dat jy môre
mondig word.

'n Pa wat jou niks kan gee.

Ek gaan nou slaap, met die
wete, dat ek weet
dat jy weet
dat partytjies vir die wêreld,
nie groter is as die driehoeksband
tussen jou, my en God nie.

Môre as ek dood is, is,
was en bly ek nog steeds jou Pa.

Schrijver: De Heer FLORIS ABRAHAM BROWN, 11 augustus 2001


Geplaatst in de categorie: emoties

3.4 met 8 stemmen aantal keer bekeken 1.878

Er zijn nog geen reacties op deze inzending.


Geef je reactie op deze inzending:

( vink aan als je niet wilt dat je e-mailadres voor anderen in beeld verschijnt)