49 resultaten.
DEKADENT ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.9 met 10 stemmen
3.990 Dekadensie vanuit Sodom en Gomorra
is hier, in siel, aan lyf, oral rondom jou
regoor die wêreld is rooiligareas besig
om geld, uit beursies van Sodom te tap
vir geldmakers is daar bittermin slaap
waar beeldskone poppe in glaskaste
eksplisiete kuisheid in hul liggaamspassie
verleidelike oë, heup en beenswaaie sit
versoeking vir wêreldreisigers…
VERKRAG ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
2.6 met 8 stemmen
3.684 Die dag het moeg
oor my kom sak,
soos die see ontslae
raak van haar siekte,
wat sy uitspuug op die strand.
Ek wil nie meer verder leef,
ná al die vuil wat aan my kleef.…
SPOELBLOED ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
2.9 met 15 stemmen
5.807 Spoelgoud. Spoelgrond. Spoelbloed,
vloei deur taxi’s, Richmond, bus,
trein, boot, vliegongelukke.
Spoelbloed hardloop deur die
knopkierie, assegaai, rewolwer,
slagtersmesse, ysterstukke.
Spoelbloed hardloop die heelal deur,
waar liggame in massagrafte stink,
toegegooi word met spoelgrond wat,
skuil agter die leuen van spoelgoud blink.…
DIE MISKYKMENSE ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.3 met 3 stemmen
3.516 Soos meerkatte hul mae
warm staan na die son
teen ’n rots in die woestyn,
so staan of lê hul op hoeke,
so staan of lê hul op kroegstoepe,
so bedel hul op straat. Langs die spoorlyn.
Geen land ter wêreld spring hul vry,
van gelykes tot die ongelykes.
Wanneer julle deur jul spogbuurte ry
dink tog ook aan hulle, julle, stink- rykes.
Die probleem…
DIE LIEFDE TUSSENIN ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.8 met 4 stemmen
3.977 Vandag huil my hart
oor hulle wat bedel op straat.
Almal wat in die winterkoue
hitte soek op poskantoorstoep,
waar hul ingemessel lê teen ’n
vuilvod, voosgedrinkte maat.…
VANDAG... ( Taal: AFRIKAANS)
netgedicht
2.1 met 8 stemmen
2.262 wil ek net, my doodgewoon, ek wees
weg van skewebeelde van hoe mense
met dieper geheime, na my kyk
wil ek in myself wandel sonder vrees
weg van die gejaag na roem, rykdom
skulpies optel, na wulpse branders gryp
wil ek in myself, van myself lees
weg van mense wat veg oor grond
liefde, mekaar om elk eerste plek, fnuik
wil ek wees op plekke…
HEROïEN ( Taal: AFRIKAANS )
netgedicht
5.0 met 4 stemmen
3.305 Jy maak toe weer so.
Nog ’n kindergraf in Alberton.
Ek sien hoe kinders jou snuif
van Kaapstad tot Meyerton.
Ek sien hoe jy, doodsengel,
bloed aan kosyne vryf,
geen stand ontsien, kinders
selfmoord, aan ’n tou verstrengel.
Jy, magtige dwelm, onder
dwelms, maak dit so
bitter moeilik om uit te wys,
te snuffel, al die skelms…
HUNKERING ( Taal: AFRIKAANS )
netgedicht
2.4 met 16 stemmen
8.737 lê daar nog iewers
op die vlakte eensaam,
soos ‘n molshoop in die reën
humusverrykte korrelnat donkergrond
van jare gelede se seën ?
is daar iewers nog
‘n groen
gevoed deur wateraar,
pompfontein
waar kwepergeel en persturksvy
skadu’s gooi teen ‘n rooi skemerduin ?
staan daar nog iewers rye sipresse
wat soos windpompe nuwe lug verslind…
TRONK ( Taal: AFRIKAANS )
netgedicht
4.2 met 24 stemmen
10.010 Toe kom die tronk by almal aan huis.
Yster word gebuig, gesweis vanuit die
voorhuis, tot in die kombuis.
Diefstal, geweld, misdaad,
jaag almal agter tralies,
wat steeds nie kan keer
dat ’n kind verkrag word
agter slot en grendel
’n hoë heining of koringgerfbalies.…
PLAASARMOEDE ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.4 met 8 stemmen
2.047 Pa sal nie vir jou kan gee,
'n groot saal
baie mense, gaste
lang tafels met stoele
vele, glinster dekorasies.
Pa sal nie 'n "speech" kan maak
op sjampanje glase
nog minder sal Pa kan bekostig
die monster met die oog
die band wat rol
die kliek-kliek van kameras.
Sien, Pa het nie die gelerentheid
of die geld om 'n grootse
affêre…
DORRE LAND ( Taal: AFRIKAANS )
netgedicht
4.0 met 16 stemmen
3.175 hoe beskryf jy reën,
as tien seisoene droë sand in jou kiewe waai
het God vergeet van wesens wat kinders voed
hoe beskryf jy groen,
as dorre landskap jare lank geen vrugte baar
het God vergeet van mense wat gebede
na die hemel stuur
die stam loop leeg
so ook die wye natuur
ek kan die onrus voel, as my mense
sing en koor van vlaktes sonder…
MAMMON ( Taal: AFRIKAANS )
netgedicht
4.4 met 12 stemmen
9.445 die lekker geklingel
van geld uit die slotmasjien,
laat my vingerlekker
brood eet met margarien.
Dit was gister. Vandag
het ek weer gaan dobbel,
voer nou varkkos op boer
se plaas, met ‘n skoffel.…
DOKTERS SONDER GRENSE ( Taal: AFRIKAANS )
netgedicht
2.7 met 6 stemmen
3.987 So werk hul nagte deur
die dokters van weleer.
Probeer red elk bebloede diamant
deur loopgrawe, deur brand
in enige oorloggeteisterde vaderland.…
STUITIG ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
5.0 met 4 stemmen
4.605 Met die wegraak van die son.
Die maan se instap oor die dag,
wat die aand meer sienend maak,
plons ons in ‘n bad vol liefde, poedelnaak.…
KLANK VAN DIE BYL ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.6 met 5 stemmen
4.861 Die byl het gekom om te kloof.
Dit wat ek in twee wil hê
met geweld oop te maak.
Die passie van krag wat
deur beide arms vloei,
die glans van sweet
op my kaal bo-lyf,
die klank van die byl
roep jou,
lok jou.
Ek sien hoe jou oë dwaal,
jy, skelm loer,
skelm glimlag,
in die glans van die ruit.
Ek sien hoe ek, nou, jou baas,
die…
OP HEIMWEE VAN DIE WIND ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.7 met 11 stemmen
8.602 Jy, langvlegsel meisie, met kitaar op skoot,
vir wie die boodskap vanuit jou hart,
terwyl lang vingers snare saggies stoot ?
Jou speelse posisie van kitaar in skoot,
na wie verlang jy, as jou note klink soos
‘n leë blik in kabbelende water, in ‘n sloot ?
Jou lenige nek, wieg teen kitaar se steel.
Ek sien jou trane deur lang hare ween,
waar…
GEEN GROTER LIEFDE ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.8 met 14 stemmen
7.874 Ek sprei my arms
die lengte van ’n rivier.
My bene, die wydte
soos dié van ’n oseaan.
Ek skreeu vir die wêreld : “ Ek lief jou, ”
oor ’n bulderende, vuurspuwende, vulkaan.…
SING VIR MY ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.6 met 8 stemmen
6.399 Sing vir my van die son.
Van die lied wat deur my gaan.
Van groot kraters op die maan.
Die steppe roofvis, as jy kon.
Sing vir my van plantvlotte
waar paddas rustig slaap.
Lui - lui kriekies hul vergaap
aan fee - musiek op potte.
Sing vir my van die koningsarend
se tydlose geroep oor die Vaal.
Gesoek ; 'n bergmeerkat vir 'n maal
met…
ONGEDULD ( Taal : AFRIKAANS )
netgedicht
4.6 met 9 stemmen
5.933 met die winter is sy huis toe
die somer brand hartseerdae in my
‘n herfsblaar val af-en-toe in my binneste
die lente lê bitter ver, ek sien dit nie meer
ek wens U kon haar gee
langer, vir ‘n dag of twee_
as die werf om my stil word
wil ek in haar winter lê
weg van die somer, lente of herfs
net stilraak, verdwyn, stof tot stof…