Hoop.
Hoop is nie die eenminuut liefde nie.
Nie die Little Death,
of snelweg bridgejumping nie.
Hoop kan nie in raadsale verduister,
in driveways ge-highjack,
of teen onskuldige kele gehou word nie.
Here Lanie.
Hoop is net 'n droom van 'n droom;
'n Beautiful oggend,
blink en gebukkend van die reen.
Hoop, my meisie,
is om maar meestal butterflies te jaag,
en al raak die nette swaar,
is dit hoop wat ons laat manage.
Geplaatst in de categorie: misdaad