inloggen
voeg je hartenkreet toe

Hartenkreten

hartenkreet (nr. 22.353):

Om te help dat Madness tot verhaal kom.

Ek is te jonk om te begin planmaak
en te oud om te believe.
Wat gaan van my word in hierdie koue wêreld,
hierdie klipharde land,
waar die angels en die virus,
al hoe nouer om ons draai.

Is daar iets te salvage in ñ keyboard?
Is daar berusting in ñ bankie,
of happiness in song?

Ek maak maar meeste aande my skoene vas,
en face die buitekant
tree vir tree.
My gesig versigtig niksseggend,
verloor ek my hart op al die verkeerde plekke
en slaag meestal daarin,
om die regtes te vermy.

Maar vanaand.
Madness my baby.
Vanaand gee ek jou vir die hemel.
Ek vryf die week stadig uit jou voete
en skrywe met my lyf vir jou ñ song,
wat niemand ooit weer sal hoor nie.

Iets van
shhhh.
Shhhh.
Shhhh.

Vanaand my Madness, maybe net vanaand,
vergeet ons van mere oomblikke van vleis en yster.
Glo ons hier in ons,
ver bo die straatligte van goed en kwaad,
waar jy behendig tot verhaal sal kom,
as ek jou later langsaam,
op ons eie special way soen.

Vanaand verdwaal ons in die krap van my baard
en die sweet effense sweet aan jou voorkop.
Die sweet effense sweet aan jou voop Madness.

Vanaand sal ons uncaring op ñ balkon
onder ñ fucked-up ou kombers,
ons stukkende gedigte,
vir ñ uncaring stad skryf.

Dronk en kaal,
en almost happy;
want ons bly mos maar altyd mens en vleis,
en daarom ook vol vrees.

Vanaand.
Dalk nét vanaand.

Ek en jy Madness.
My meisie wat op haar eie wysie dans.

Schrijver: Kabous Verwoed, 14 januari 2008


Geplaatst in de categorie: vrouwen

3.0 met 6 stemmen aantal keer bekeken 1.787

Er is 1 reactie op deze inzending:

Naam:
Kabous Verwoed
Datum:
18 augustus 2008
Email:
Kuberskyfhotmail.com
www.kabousverwoed.co.za

Geef je reactie op deze inzending:

( vink aan als je niet wilt dat je e-mailadres voor anderen in beeld verschijnt)