267 resultaten.
LEUEN ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.8 met 5 stemmen
5.075 Dit gaan nie goed met my nie.
Jy het my gedruk na ’n
eensame hoekie op ’n eiland,
waar ek helder oordag drogbeelde
sien fladder in my geestesoog.
Dit gaan nie goed met my nie,
nie na jy my by jou wêreld
ingetrek het, my getap het,
misbruik het, ek maar net nog ’n
voetstoeltjie in jou sekskepades was nie.
Ek loop nou op Paternosterstrand…
GERAAMTES ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.8 met 5 stemmen
5.026 Ek dink ek ken jou,
in jou aankoms in die verte.
Ek dink ek ken jou,
in jou wulpse heupwegstap.
Ek dink ek ken jou,
aan die jasmynreuk om jou.
Ek dink ek ken jou,
aan jou speelse skaterlag.
Ek dink ek ken jou,
aan die klank van jou stap.
Ek dink ek ken jou,
aan jou klere, altyd vars.
Ek dink ek ken jou,
aan jou manier van vat…
STUITIG ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
5.0 met 4 stemmen
4.891 Met die wegraak van die son.
Die maan se instap oor die dag,
wat die aand meer sienend maak,
plons ons in ‘n bad vol liefde, poedelnaak.…
KLANK VAN DIE BYL ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.6 met 5 stemmen
5.166 Die byl het gekom om te kloof.
Dit wat ek in twee wil hê
met geweld oop te maak.
Die passie van krag wat
deur beide arms vloei,
die glans van sweet
op my kaal bo-lyf,
die klank van die byl
roep jou,
lok jou.
Ek sien hoe jou oë dwaal,
jy, skelm loer,
skelm glimlag,
in die glans van die ruit.
Ek sien hoe ek, nou, jou baas,
die…
OP HEIMWEE VAN DIE WIND ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.7 met 11 stemmen
8.997 Jy, langvlegsel meisie, met kitaar op skoot,
vir wie die boodskap vanuit jou hart,
terwyl lang vingers snare saggies stoot ?
Jou speelse posisie van kitaar in skoot,
na wie verlang jy, as jou note klink soos
‘n leë blik in kabbelende water, in ‘n sloot ?
Jou lenige nek, wieg teen kitaar se steel.
Ek sien jou trane deur lang hare ween,
waar…
GEEN GROTER LIEFDE ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.8 met 14 stemmen
8.160 Ek sprei my arms
die lengte van ’n rivier.
My bene, die wydte
soos dié van ’n oseaan.
Ek skreeu vir die wêreld : “ Ek lief jou, ”
oor ’n bulderende, vuurspuwende, vulkaan.…
SING VIR MY ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.6 met 8 stemmen
6.768 Sing vir my van die son.
Van die lied wat deur my gaan.
Van groot kraters op die maan.
Die steppe roofvis, as jy kon.
Sing vir my van plantvlotte
waar paddas rustig slaap.
Lui - lui kriekies hul vergaap
aan fee - musiek op potte.
Sing vir my van die koningsarend
se tydlose geroep oor die Vaal.
Gesoek ; 'n bergmeerkat vir 'n maal
met…