inloggen

Gedichten

gedicht (nr. 27):

STIL GEMOED ( Taal: AFRIKAANS )

die huis lê vanmôre so kalm,
stil. So ook die mat
waaroor my naakte sole
gierts-gierts gaan

vandag is hier niemand op die Sondagmôre
en ek voel hoe
die kriekies, barste in die mure,
die kraak in die meubels
met my gaan

my lewe is so onstuimig woes
my liggaam voel oud gedaan
soos ‘n sinkplaat wat
teen die herderson lê en roes

hierdie kalm stilte
wat nou hier heers
tot ver in my gemoed,
laat dit bly
laat die storms
liefs ver buite woed

Schrijver: De Heer FLORIS ABRAHAM BROWN, 11 augustus 2001


Geplaatst in de categorie: emoties

2.2 met 6 stemmen aantal keer bekeken 2.996

Er zijn nog geen reacties op deze inzending. Schrijf de eerste reactie!

reageer Geef je reactie op deze inzending: