inloggen
voeg je netgedicht toe

Netgedichten

gedicht (nr. 84):

SKELMPIE ( Taal: AFRIKAANS )

hoe roer jy my huis
hoe bring jy onvrede
as jy vir haar ruikers stuur
wetende, ek is nie tuis

hoe steur jy my huis
hoe bring jy konflik
as jy vir haar kom kuier
die kat is weg, jy die muis

my kinders hou daar niks nie van
rep g'n woord oor nagmerries bang
want jy is die mooi een, die skelmpie

my vriende fluister, lag so skuins verby
neus in ander se sake, wil hul liefs vermy
so sal jy ook eendag sterf :
die stil een
die geruislose een
die skelmpie

Schrijver: De Heer FLORIS ABRAHAM BROWN, 11 augustus 2001


Geplaatst in de categorie: wereld

3.0 met 10 stemmen aantal keer bekeken 4.566

Er zijn nog geen reacties op deze inzending. Schrijf de eerste reactie!

reageer Geef je reactie op deze inzending: