inloggen

Gedichten

De plek voor gedichten

Laatst geselecteerde gedichten:

KATSPIN (Taal: AFRIKAANS )

gedicht
4.0 met 4 stemmen aantal keer bekeken 4.979
Miskien het jy vergeet, van die tye toe daar liefde was. Vergeet van die tye, toe jou asemstote gekatspin het, toe daar liefde was ware liefde in snikke,krete. Jy’s stil, so uitermate stil. Ek voel nie meer jou asem teen my ore, die uitgerekte vreugde sug, ‘n sug van volmaakte bevrediging, is weg. Jy’s weg. Ek’s weg. Alles is sommer…

JêMPOT ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
5.0 met 3 stemmen aantal keer bekeken 4.831
Dankie, dat jy gekom het, deur reën, wind, sonder skoen. Dankie dat jy sonder moeite, so baie vir my doen. Dankie dat jy nou hier is, my ruimte egter nie binnedring. Dankie dat jy so verstandig is, gister tot nou, het ek jou só gemis. Skielik, handomkeer jy. In ‘n stilgraf word ek weggelê. Skielik is dit nie meer lekker, om my rondom…

LEUEN ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
4.8 met 5 stemmen aantal keer bekeken 4.880
Dit gaan nie goed met my nie. Jy het my gedruk na ’n eensame hoekie op ’n eiland, waar ek helder oordag drogbeelde sien fladder in my geestesoog. Dit gaan nie goed met my nie, nie na jy my by jou wêreld ingetrek het, my getap het, misbruik het, ek maar net nog ’n voetstoeltjie in jou sekskepades was nie. Ek loop nou op Paternosterstrand…

GERAAMTES ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
4.8 met 5 stemmen aantal keer bekeken 4.839
Ek dink ek ken jou, in jou aankoms in die verte. Ek dink ek ken jou, in jou wulpse heupwegstap. Ek dink ek ken jou, aan die jasmynreuk om jou. Ek dink ek ken jou, aan jou speelse skaterlag. Ek dink ek ken jou, aan die klank van jou stap. Ek dink ek ken jou, aan jou klere, altyd vars. Ek dink ek ken jou, aan jou manier van vat…

DIE VALSE TRAAN ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
4.1 met 17 stemmen aantal keer bekeken 4.027
Trane vloei so maklik wanneer ons hartseer is of bieg. Ja, trane ook van blydskap, maar trane kan soms lekker lieg!…

DEKADENT ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
3.9 met 10 stemmen aantal keer bekeken 4.051
Dekadensie vanuit Sodom en Gomorra is hier, in siel, aan lyf, oral rondom jou regoor die wêreld is rooiligareas besig om geld, uit beursies van Sodom te tap vir geldmakers is daar bittermin slaap waar beeldskone poppe in glaskaste eksplisiete kuisheid in hul liggaamspassie verleidelike oë, heup en beenswaaie sit versoeking vir wêreldreisigers…

VERKRAG ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
2.6 met 8 stemmen aantal keer bekeken 3.726
Die dag het moeg oor my kom sak, soos die see ontslae raak van haar siekte, wat sy uitspuug op die strand. Ek wil nie meer verder leef, ná al die vuil wat aan my kleef.…

SPOELBLOED ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
2.9 met 15 stemmen aantal keer bekeken 5.874
Spoelgoud. Spoelgrond. Spoelbloed, vloei deur taxi’s, Richmond, bus, trein, boot, vliegongelukke. Spoelbloed hardloop deur die knopkierie, assegaai, rewolwer, slagtersmesse, ysterstukke. Spoelbloed hardloop die heelal deur, waar liggame in massagrafte stink, toegegooi word met spoelgrond wat, skuil agter die leuen van spoelgoud blink.…

DIE MISKYKMENSE ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
3.3 met 3 stemmen aantal keer bekeken 3.566
Soos meerkatte hul mae warm staan na die son teen ’n rots in die woestyn, so staan of lê hul op hoeke, so staan of lê hul op kroegstoepe, so bedel hul op straat. Langs die spoorlyn. Geen land ter wêreld spring hul vry, van gelykes tot die ongelykes. Wanneer julle deur jul spogbuurte ry dink tog ook aan hulle, julle, stink- rykes. Die probleem…

DIE LIEFDE TUSSENIN ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
3.8 met 4 stemmen aantal keer bekeken 4.027
Vandag huil my hart oor hulle wat bedel op straat. Almal wat in die winterkoue hitte soek op poskantoorstoep, waar hul ingemessel lê teen ’n vuilvod, voosgedrinkte maat.…

PLAASARMOEDE ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
3.4 met 8 stemmen aantal keer bekeken 2.088
Pa sal nie vir jou kan gee, 'n groot saal baie mense, gaste lang tafels met stoele vele, glinster dekorasies. Pa sal nie 'n "speech" kan maak op sjampanje glase nog minder sal Pa kan bekostig die monster met die oog die band wat rol die kliek-kliek van kameras. Sien, Pa het nie die gelerentheid of die geld om 'n grootse affêre…

STUITIG ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
5.0 met 4 stemmen aantal keer bekeken 4.645
Met die wegraak van die son. Die maan se instap oor die dag, wat die aand meer sienend maak, plons ons in ‘n bad vol liefde, poedelnaak.…

KLANK VAN DIE BYL ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
4.6 met 5 stemmen aantal keer bekeken 4.910
Die byl het gekom om te kloof. Dit wat ek in twee wil hê met geweld oop te maak. Die passie van krag wat deur beide arms vloei, die glans van sweet op my kaal bo-lyf, die klank van die byl roep jou, lok jou. Ek sien hoe jou oë dwaal, jy, skelm loer, skelm glimlag, in die glans van die ruit. Ek sien hoe ek, nou, jou baas, die…

OP HEIMWEE VAN DIE WIND ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
4.7 met 11 stemmen aantal keer bekeken 8.652
Jy, langvlegsel meisie, met kitaar op skoot, vir wie die boodskap vanuit jou hart, terwyl lang vingers snare saggies stoot ? Jou speelse posisie van kitaar in skoot, na wie verlang jy, as jou note klink soos ‘n leë blik in kabbelende water, in ‘n sloot ? Jou lenige nek, wieg teen kitaar se steel. Ek sien jou trane deur lang hare ween, waar…

GEEN GROTER LIEFDE ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
3.8 met 14 stemmen aantal keer bekeken 7.928
Ek sprei my arms die lengte van ’n rivier. My bene, die wydte soos dié van ’n oseaan. Ek skreeu vir die wêreld : “ Ek lief jou, ” oor ’n bulderende, vuurspuwende, vulkaan.…

SING VIR MY ( Taal: AFRIKAANS )

gedicht
4.6 met 8 stemmen aantal keer bekeken 6.445
Sing vir my van die son. Van die lied wat deur my gaan. Van groot kraters op die maan. Die steppe roofvis, as jy kon. Sing vir my van plantvlotte waar paddas rustig slaap. Lui - lui kriekies hul vergaap aan fee - musiek op potte. Sing vir my van die koningsarend se tydlose geroep oor die Vaal. Gesoek ; 'n bergmeerkat vir 'n maal met…

Huwelijksreis

gedicht
1.1 met 17 stemmen aantal keer bekeken 4.566
Toen NS-beambten hoorden garanderen Dat Lex zich huwen wil met Máxima Trok men de planner uit de actiela Om een nieuwe stakingsdag te annonceren Want NS'ers zijn die dag niet aan het werk Die staan keurig in een rondje om de kerk…

Voorpiepen

gedicht
3.7 met 3 stemmen aantal keer bekeken 3.101
De piepjes van het uurlijks ANP Die al van vijf naar drie stuks moesten slinken Gaan straks in het geheel niet langer klinken Het spook van de vernieuwing neemt ze mee. Voor wie van deze pips niet wenst te scheiden Zal ik ze via Napster gaan verspreiden.…

Pussycat

gedicht
3.4 met 13 stemmen aantal keer bekeken 3.249
Het luisterrijkste nieuws is zonneklaar Dat kleine showberichtje in de krant Dat voor altijd in ons netvlies staat gebrand Want Pussycat is terug (Ga weg! Echt waar?). Niks naars kan nu de mens nog overkomen Al zou de Mississippi overstromen!…
Meer laden...