Die Studam
Daar staan 'n man in die son 
langs die blou water van 'n dam. 
So eenvoudig het dit begin, 
net so skryf ek dit hier neer. 
  
Dit is in 'n suidelike land 
en voor die seisoen begin. 
Die man hou in die wind 
sy hoed vas met één hand. 
  
Die ander hand is gelig, miskien 
'n gebaar om my te groet. 
Wie anders kan hy bedoel? 
Daar is niemand anders te sien 
  
op die verlate terras 
halfpad teen die helling 
van die berg met 'n rusplek 
wat nuut lyk maar waarvan die verf 
  
reeds afdop. Daar staan stoele 
onder verbleikte seil. 'n Wipplank, 
twee swaaie. Die valwind 
is koel en maak ringe wit 
  
skuim in die water ver onder. 
Ek vra vir die man: ‘Is u van hier?’ 
soos wat mens met 'n vreemde 
sou praat. Hy knik en bly tuur 
  
nog 'n tyd na die water voordat 
hy sy hand weer lig in 'n groet, 
en bedaard na die dorp toe 
die afdraend vat. 
  
'n Boerse man van omtrent 
vyftig jaar. Vir 'n wyle 
bly hy in my kop voortbestaan 
as ek ook met die pad langs loop 
  
maar na die ander kant 
toe, na waar ek tuisgaan. 
Dan raak hy weg, voorlopig, 
onder landskappe, tale en slaap.
---------------------------------------------------------
Dit eerste gedicht uit ‘Die studam’, 
een vertaling naar het Afrikaans 
van de elfdelige cyclus ‘De stuwdam’ 
van Willem van Toorn verscheen in Tirade 428, 
die geheel gewijd is aan vertalen.
 
De vertaling is van Heilna du Plooy.
Inzender: mdh, 3 juni 2020
Geplaatst in de categorie: landschap

Geef je reactie op deze inzending: