5.386 resultaten.
KLEINE HARTEDIEF ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.8 met 32 stemmen
5.707 Jy het soos 'n dief gekom
versigtig, eers loer, skelm-skelm
suutjies het jy jou voetjies
oor my drumpel gestoot
en jou handjies, sagte handjies
vlekkies op my deur en muur gelaat
jou ogies het jy in my spieël gelos
en jou ore agter elk kas se deur
die rondings van jou lippe lê
op sloop, soos perskes wat droog
en in my loop op die mat in…
SKELMPIE ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.0 met 10 stemmen
4.679 hoe roer jy my huis
hoe bring jy onvrede
as jy vir haar ruikers stuur
wetende, ek is nie tuis
hoe steur jy my huis
hoe bring jy konflik
as jy vir haar kom kuier
die kat is weg, jy die muis
my kinders hou daar niks nie van
rep g'n woord oor nagmerries bang
want jy is die mooi een, die skelmpie
my vriende fluister, lag so skuins verby…
ONZE JAN ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
2.5 met 6 stemmen
4.835 Sy dood het met die rooi
in sy sakdoek gekom.
Eers spikkeltjies bloed
tot groter kolle sy
familie en dokters roep.
Ek, wasbediende, was lank
van sy tuberkulose bewus,
maar omdat hul mense was
vanuit die hoogere hoed,
moes ek my hulp in stilte blus.
Díe siekte neem meer lewens as vigs.
Vroeë behandeling kán dit uitwis...
as ons almal…
MUSIEK ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.6 met 7 stemmen
4.475 Musiek is vir my
die rein en skoon in die
seskant heuningsel.
Die rein en skoon in die
kleur van ons vel.
Musiek is vir my
die kristalhelder in die
doudruppel wat daar hang.
Musiek is vir my
die kristalhelder in die
Engele, hemelhoog, se sang.…
VERPLETTER ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.1 met 7 stemmen
6.265 Soos 'n sigaretstompie
in as doodgedruk,
het ook jy, liefde
uit my lewe geruk.
Die middag _
toe ek jul vang
knipmes lê.
Jy in sy omhelsing
verstik.…
DIE DOOIE HUIS ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.6 met 7 stemmen
5.971 Ons is doodmoeg vir mekaar.
Twintig jaar bymekaar,
eintlik, weg van mekaar.
Ons beweeg maar so in die huis,
so om en om, verby mekaar.
‘n Valse glimlag,
‘n valse soen,
‘n valse drukkie,
‘n valse doen.
Die meubels sê : “ Eina ! dis seer ! ”
Die kinders vind dit swaar, om die
gespanne atmosfeer te absorbeer.
Ons eet maar aan klein…
VERVREEMD ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.2 met 9 stemmen
6.116 Jy het my gegooi soos ‘n inkspatsel
teen die muur,
oor my geloop, my lewe versuur.
Jy het my geslaan soos ‘n hamer
spykers in ‘n muur,
my liefde met growwe skoen
deurgeskuur
Oor jou het ek nagte omgehuil,
grimering waaragter geswolle oë skuil,
kon niemand daarbuite flous of kul.
Ek is oor jou, jou liefde ‘n ronde nul.
Nou vra jy…
KATSPIN (Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.0 met 4 stemmen
5.324 Miskien het jy vergeet,
van die tye toe daar liefde was.
Vergeet van die tye,
toe jou asemstote gekatspin het,
toe daar liefde was
ware liefde in snikke,krete.
Jy’s stil, so uitermate stil.
Ek voel nie meer jou asem teen my ore,
die uitgerekte vreugde sug,
‘n sug van volmaakte bevrediging,
is weg. Jy’s weg. Ek’s weg.
Alles is sommer…
JêMPOT ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
5.0 met 3 stemmen
5.106 Dankie, dat jy gekom het,
deur reën, wind, sonder skoen.
Dankie dat jy sonder moeite,
so baie vir my doen.
Dankie dat jy nou hier is,
my ruimte egter nie binnedring.
Dankie dat jy so verstandig is,
gister tot nou, het ek jou só gemis.
Skielik, handomkeer jy.
In ‘n stilgraf word ek weggelê.
Skielik is dit nie meer lekker,
om my rondom…
LEUEN ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.8 met 5 stemmen
5.181 Dit gaan nie goed met my nie.
Jy het my gedruk na ’n
eensame hoekie op ’n eiland,
waar ek helder oordag drogbeelde
sien fladder in my geestesoog.
Dit gaan nie goed met my nie,
nie na jy my by jou wêreld
ingetrek het, my getap het,
misbruik het, ek maar net nog ’n
voetstoeltjie in jou sekskepades was nie.
Ek loop nou op Paternosterstrand…
GERAAMTES ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.8 met 5 stemmen
5.119 Ek dink ek ken jou,
in jou aankoms in die verte.
Ek dink ek ken jou,
in jou wulpse heupwegstap.
Ek dink ek ken jou,
aan die jasmynreuk om jou.
Ek dink ek ken jou,
aan jou speelse skaterlag.
Ek dink ek ken jou,
aan die klank van jou stap.
Ek dink ek ken jou,
aan jou klere, altyd vars.
Ek dink ek ken jou,
aan jou manier van vat…
DIE VALSE TRAAN ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.1 met 17 stemmen
4.286 Trane vloei so maklik
wanneer ons hartseer is of bieg.
Ja, trane ook van blydskap,
maar trane kan soms lekker lieg!…
DEKADENT ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.9 met 10 stemmen
4.303 Dekadensie vanuit Sodom en Gomorra
is hier, in siel, aan lyf, oral rondom jou
regoor die wêreld is rooiligareas besig
om geld, uit beursies van Sodom te tap
vir geldmakers is daar bittermin slaap
waar beeldskone poppe in glaskaste
eksplisiete kuisheid in hul liggaamspassie
verleidelike oë, heup en beenswaaie sit
versoeking vir wêreldreisigers…
VERKRAG ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
2.6 met 8 stemmen
3.975 Die dag het moeg
oor my kom sak,
soos die see ontslae
raak van haar siekte,
wat sy uitspuug op die strand.
Ek wil nie meer verder leef,
ná al die vuil wat aan my kleef.…
SPOELBLOED ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
2.9 met 15 stemmen
6.174 Spoelgoud. Spoelgrond. Spoelbloed,
vloei deur taxi’s, Richmond, bus,
trein, boot, vliegongelukke.
Spoelbloed hardloop deur die
knopkierie, assegaai, rewolwer,
slagtersmesse, ysterstukke.
Spoelbloed hardloop die heelal deur,
waar liggame in massagrafte stink,
toegegooi word met spoelgrond wat,
skuil agter die leuen van spoelgoud blink.…
DIE MISKYKMENSE ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.3 met 3 stemmen
3.845 Soos meerkatte hul mae
warm staan na die son
teen ’n rots in die woestyn,
so staan of lê hul op hoeke,
so staan of lê hul op kroegstoepe,
so bedel hul op straat. Langs die spoorlyn.
Geen land ter wêreld spring hul vry,
van gelykes tot die ongelykes.
Wanneer julle deur jul spogbuurte ry
dink tog ook aan hulle, julle, stink- rykes.
Die probleem…
DIE LIEFDE TUSSENIN ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.8 met 4 stemmen
4.370 Vandag huil my hart
oor hulle wat bedel op straat.
Almal wat in die winterkoue
hitte soek op poskantoorstoep,
waar hul ingemessel lê teen ’n
vuilvod, voosgedrinkte maat.…
PLAASARMOEDE ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
3.4 met 8 stemmen
2.491 Pa sal nie vir jou kan gee,
'n groot saal
baie mense, gaste
lang tafels met stoele
vele, glinster dekorasies.
Pa sal nie 'n "speech" kan maak
op sjampanje glase
nog minder sal Pa kan bekostig
die monster met die oog
die band wat rol
die kliek-kliek van kameras.
Sien, Pa het nie die gelerentheid
of die geld om 'n grootse
affêre…
STUITIG ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
5.0 met 4 stemmen
5.004 Met die wegraak van die son.
Die maan se instap oor die dag,
wat die aand meer sienend maak,
plons ons in ‘n bad vol liefde, poedelnaak.…
KLANK VAN DIE BYL ( Taal: AFRIKAANS )
gedicht
4.6 met 5 stemmen
5.256 Die byl het gekom om te kloof.
Dit wat ek in twee wil hê
met geweld oop te maak.
Die passie van krag wat
deur beide arms vloei,
die glans van sweet
op my kaal bo-lyf,
die klank van die byl
roep jou,
lok jou.
Ek sien hoe jou oë dwaal,
jy, skelm loer,
skelm glimlag,
in die glans van die ruit.
Ek sien hoe ek, nou, jou baas,
die…