Daar is geen dood
Daar is geen dood.
Wat lewe heet, is net die op en neer
as ons klein skuitjie al maar daal en klim;
en wat ons sterwe noem, is niks nie meer
as ons verdwyning op die gindse kim.
Daar is geen dood.
Ons wat van lae strand dit sien, en speur
hoedat hul vaart die afstand steeds vergroot
ons kan nie sien wat anderkant gebeur,
en daarom noem ons die verdwyning: dood.
Daar is geen dood.
Ons lae standpunt is te laag en ver,
en hul ontseil ons sfeer van ruimte en tyd,
daarom word eindelik ons blik versper
wanneer hul roerpen stuur in die eeuwigheid.
Passieblomme (1934)
Schrijver: Jacobus Daniel du ToitInzender: Redactie, 21 juni 2015
Geplaatst in de categorie: overlijden
Mooi hoe Jacobus de dood ontkracht en zelfs vernietigt.