ONGEDULD ( Taal : AFRIKAANS )
met die winter is sy huis toe
die somer brand hartseerdae in my
‘n herfsblaar val af-en-toe in my binneste
die lente lê bitter ver, ek sien dit nie meer
ek wens U kon haar gee
langer, vir ‘n dag of twee_
as die werf om my stil word
wil ek in haar winter lê
weg van die somer, lente of herfs
net stilraak, verdwyn, stof tot stof
Geplaatst in de categorie: liefde
doe zo voort!