inloggen
voeg je netgedicht toe

Netgedichten

netgedicht (nr. 18.714):

Tienrand Beautiful

Die kroeg is 'n onstuimige swart rivier.
Ek sien hoe 'n hulpelose baby beautiful aangedobber kom.
Meegesleur deur verbete onderwater strome.
Onskuldig, van nuttelose vasmeerplek
na nuttelose vasmeerplek,
totdat ek haar anker
met 'n Jose Cuervo en 'n Hunters Dry.
She looks back she's mine,
van 'n Jaap aan die bokant van die bar.
Ek kan maar net my kop skud,
die sterre in die barman se tipglas tel en oor een skouer:
she's back and she's mine.
Hy verstaan die bulletwonde in my oe"
en vergeet skielik om verder deel te neem.
Meanwhile,
het sy haar newborn baby-gedaante
soos 'n kak habit afgeskud
en veroorsaak haar glimlag 'n quickdraw-
kettingbotsing van lighters,
voor sy diep trek,
en haar sigaret in 'n prop op 'n porno stel verander.
Sy's die laaste slukkie Tienrand tequila
as die ander mense teen elf se kant,
nog steeds so straight-straight staan.
Traan in die glans, gesig in glas.
Sy's Tienrand Beautiful,
en ek het net agtrand oor.

Schrijver: Kabous Verwoed, 7 januari 2008


Geplaatst in de categorie: eenzaamheid

3.0 met 4 stemmen aantal keer bekeken 448

Er zijn nog geen reacties op deze inzending.


Geef je reactie op deze inzending:

( vink aan als je niet wilt dat je e-mailadres voor anderen in beeld verschijnt)