inloggen
voeg je netgedicht toe

Netgedichten

netgedicht (nr. 18.888):

Droomnag.

Die Ballade van Scrooge Botha en die ghosts van heroes passed.

Ek blaai verveeld en aangeklam deur tydskrifte rond,
maar eintlik is die skrif lankal teen die muur.
In die vormlose rookkollom van ñ braai,
die krom elmboog toonbank geselsies van ñ kroeg;
Almal het hulle heroes in Droomland.
Selfs Hitler het sy simpatiseerders gehad
en Robey Leibrandt is tot vandag toe nog ñ saint, al het hy met dié duiwel broodgebreek.

My sigaret-as raak afval
en die asbakkie is net-net te ver;
Story of this land's life, ek sê.

Al die glase rooiwyn verwar my, tot ek later heeltemal beskonke en heeltemal deurmekaar,
voor Danie Theron se graf hurk.

Dis vrugbare Afrika-grond wat deur my vingers peul.
Met oë wat sukkel,
lees ek die grafskrif:
Daniël Johannes Stephanus.
1870-1900.
Hy't sy gat gesien by die Slag van Gatrand, op die vyfde dag van September.
Hy was dertig.

Dis sewe dae
en sewe en sewentig jaar later.
Ek staan agter die bloeiende hopie
van ñ huilende,
stukkend-geslaande man.
Minute van klaar af
met sý road to freedom.

Hulle sê,
hy't met ñ wilde kyk in sy oë opgespring
en sélf sy kop noodlottig gestamp.
En soos verwag,
in die regering se reaksie later,
is daar ook ñ vergestalting van die held,
in minister Jimmy Kruger, wat onder luide aplous oor ñ lyk te sê gehad het:

Ek is nie bly of hartseer,
oor meneer Biko nie.
Hy laat my koud.
Steven Bantu Biko.
1947-1977.
Ook dertig.

Ek hoor iemand my naam in die agtergrond roep.
Hoes rou,
en probeer my oë oopmaak, maar uit Volksgewoonte
bly hulle bot toe,
en deur die newels aangesweef,
kom die vergeldende skel stem van die radio,
met die laaste woord:

Everything's a steal, everything must go.
Everything's a steal, everything must go.

Schrijver: Kabous Verwoed, 18 januari 2008


Geplaatst in de categorie: politiek

4.0 met 2 stemmen aantal keer bekeken 315

Er zijn nog geen reacties op deze inzending.


Geef je reactie op deze inzending:

( vink aan als je niet wilt dat je e-mailadres voor anderen in beeld verschijnt)