voëls
dae dra stadig
oor leë nagte
duisternis verslind lig
Ek hoor stil gehuil
agter hande,
hulle bedek jou gesig
net soos dae begin verleng word
en mense praat van hoop
Ek sien jou sug in jou stilte
gevoelens meng
het nie reinigingsdoop nie
dis daardie dae
wat stadig dra
en ek wil jou hand vou
ook om te vra vir 'n môre
met deursigtige vensters
waar jou oë dit waag
rose te sien
en jou ore luister na
voëls wat steeds tjirp
... Afrikaans 2010
nie outobiografies nie ...
Zie ook: https://www.derooiseschool.nl/
Schrijver: julius dreyfsandt zu schlamm, 13 maart 2026
Geplaatst in de categorie: individu

Er zijn nog geen reacties op deze inzending. Schrijf de eerste reactie!